|
|
| |
|
|
|
| |
Packed House Productions, 'n sustermaatskappy van Tanstaafl Holdings, gestig in 2003 deur dramaturg en sakeman Deon Opperman, spesialiseer in die vervaardiging van lewendige kwaliteit-vermaak en het ten doel om aan gehore bekende, maar ook uitdagende, nuwe teaterwerk te bring.
Die maatskappy het weggespring met die wegholsukses-musiekspel The Sound of Music waarin Steve Hofmeyr die hoofrol gespeel het, gevolg deur treffers soos My Fair Lady, Fiddler on the Roof en The King and I.
Oorspronklike Suid-Afrikaanse musiekspele sluit in Soweto Story, OperaMania, African Queens, Shaka Zulu – The Musical en Jock of the Bushveld - The Musical. Opperman se grootste sukses lê egter in Afrikaanse teater met lokettreffers soos die musiekspele, Dis hoe dit was - Die Steve Hofmeyr-Storie, die Boereoorlog-treffer, Ons Vir Jou, asook die klugspele, Knypie oppie kant en Knypie 2 - 'n dubbeldosis.
|
|
|
| |
|
|
|
| |
 |
|
HOOF UITVOERENDE BEAMPTE: Deon Opperman
Deon Opperman se loopbaan as dramaturg, regisseur en vervaardiger vir teater, televisie en film skop in 1984 af. Hy is 'n Fulbright-beurshouer en het 'n BA-graad van Rhodes-universiteit, 'n BAHons van die Universiteit van Kaapstad, 'n MA van die Northwestern University of Chicago en 'n MBA van Wits se Besigheidskool. Op die oomblik is hy besig met 'n doktorsgraad aan die Wits-besigheidskool.
In 1996 stig hy Afda (The South African School of Motion Picture Medium and Live Performance), wat deur die Raad van Hoër Onderwys erken word as een van die top privaat universiteite in Suid-Afrika. Hier beklee hy die pos van die hoof en uitvoerende direkteur van die departement van Life Performance.
|
Agt jaar later word Deon die hoof- uitvoerende beampte van Tanstaafl Holdings (Pty) Ltd. Hierdie maatskappy het twee filiale naamlik Packed House Productions (Pty) Ltd en Bottom Line Entertainment (Pty) Ltd. Laasgenoemde is 'n televisieproduksiehuis wat al programme soos die gewilde sepie Backstage, sowel as die onlangse kykNET-dramas Kruispad, Getroud met Rugby en Hartland vervaardig het. Deon was ook die medeskrywer en regisseur van die baie gewilde Boereoorlog-musiekblyspel Ons Vir Jou. Deon se teaternuutskeppings in 2011 is TREE AAN! Die Grensoorlog Musiekspel en Amanda Strydom se eenvrou-produksie Binnekamer.
Hy het al meer as vyftig teaterproduksies in Afrikaans en Engels geskryf, vervaardig en die regie van behartig. Baie van hierdie produksies is in groot teaters en kunstefeeste in Suid-Afrika en ook oorsee op die planke gebring. Deur die loop van sy professionele loopbaan is hy al met verskeie toekennings soos die Hertzogprys (twee keer) en die Eugène Marais-prys vir letterkunde bekroon. Ander pryse is onder andere die Standard Bank Young Artist of the Year, die Sacpac Playwright of the Year, 'n Fleur du Cap-toekenning vir die beste Suid-Afrikaanse verhoogproduksie, 'n Kanna-toekenning vir sy innoverende bydrae tot Afrikaanse teater en die Eastern Province Herald-toekenning vir die beste regisseur. Hy kan agt Vita-toekennings agter sy naam skryf: vir Suid-Afrikaanse dramaturg van die jaar, mees belowende akteur van die jaar, beste produksie van 'n drama in die Vrystaat, beste regisseur in Natal, beste produksie in Natal en beste produksie van 'n nuwe Suid-Afrikaanse drama.
Opperman, wat nog nooit bang was om kontroversiƫle temas aan te spreek nie, het met van sy vorige werke soos die teaterdrama Donkerland, die musiekspel Ons Vir Jou en televisiereekse soos Kruispad, Getroud met Rugby en Hartland wat pas op kykNET begin het, lankal gewys dat sy hart warm klop vir "Afrikaner-stories".
|
|
|
|
| |
|
|
|
| |
ADMINISTRATIEWE- en BEMARKINGSBESTUURDER: Soné Combrinck
Soné behaal in 2007 haar B.TECH graad (Cum Laude) in Film en Televisieproduksie aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie. As student het sy verskeie bekroonde kortfilms vir MNET vervaardig. Sy het ook by die Tswane Universiteit van Tegnologie se Film-Akademie ´n kursus in kortfilm-produksie ontwikkel en aangebied.
Na afloop van haar studies sluit sy aan by die Packed House Productions familie as Assistent Verhoogbestuurder in die klug Knypie op die kant en die Boere-oorlog musiekspel Ons Vir Jou. |
|

|
| Daarna is sy aangestel by Bottom Line Entertainment, die sustermaatskappy van Packed House Productions, waar sy die Produksiebestuurder was op die kykNET reeks Getroud met Rugby. Haar pad het in 2009 gekruis met Sean Else en Mozi Records. Sy het as Produksiebestuurder vir Sean bygestaan met vervaardiging van musiekvideos van Lianie May, Eden en Vaughan Gardiner. Soné het ook gewerk op Sean Else se musiekfilm, Platteland wat in November landwyd vrysgestel word. Sy is sedert Maart vanjaar voltyds aangestel by Packed House Productions waar sy tans verantwoordelik is vir die produksie, administrasie en bemarking. |
|
|
|
 |
|
|